Sensational Sixes

Haka in Afrikaans!

Ons tema vir die kwartaal is Die rugbywêreldbeker en daar is vele interessante goed wat reeds gebeur het. Leerlinge het hul eie Haka’s opgevoer deur dit op iMovie op te neem. Dit was baie pret en almal het dit geniet.

Google Classroom is ‘n wonderlike hulpmiddel waaraan ons bietjie meer aandag gegee het oor die laaste paar weke. Hoewel dit nog baie nuut is, leer ons almal heerlik saam!  

Daar gaan ook gekyk word na gesonde eetgewoontes, leefstyle en die belangrikheid van sport en oefening. Die voedselwiel gaan ook behandel word in Afrikaans!

   
    
   

So gebruik ons Google Classroom en verminder ons die gebruik van papier en doen ons deel vir ‘n groener pad vorentoe!

Leave a comment »