Sensational Sixes

Ons is LIEF vir Afrikaans !!!

Die graad 6’e het ‘n fantasmagoriese week ervaar. Elke graad 6 leerder sal saam stem dat AFRIKAANS beslis hulle gunsteling vak is.

Daar was groot spanning en kompetisie onder die groepe in die klasse. Elke groep het kaarte met letters op gekry. Hulle het net 5 minute gehad, om soveel woorde as wat hulle kan, te maak.

Elke woord het punte ontvang. Woorde met DIFTONGE  het dubbelpunte gekry !!!! Sommige groepe het tot in die 100 punte behaal. Die wenners was beloon met meriete.

“If you don’t know what a DIFTONG is, please I dare you ask a grade 6, they will tell you with no hassle.”

Ons het ook die geleentheid gehad, om ons Afrikaanse storieboeke te hervertel deur om prente te teken en plakkate te maak van ons unieke stories.

VIVA AFRIKAANS !!!!!!

Advertisements
2 Comments »